Prysuitdeling in Pretoria Sentraal gevangenes Nov 2010.
Die besoek aan die Pretoria Sentraal Gevangenis het ons geruk. ‘n Gehoor van ongeveer 400 verhoorafwagtendes. ‘n Hartlike verwelkoming van hooggeplaastes. ‘n Koor wat twee maal vir ons sing. Dit vat aan jou. Die uitdeel van die Schola Scripta sertifikate aan sewe gevangenes wat die kursus geslaag het. Hulle het almal oranje pakke aan want hul die dien reeds hul vonnis uit. Hulle buig eintlik voor jou van dankbaarheid met stralende gesigte. Elkeen van hulle is trots op hulle sertifikaat om aan hul families te toon wanneer hulle vrygelaat word.
Mnr. Remember Ramohoebo bevestig dat UP geskiedenis maak want nog nooit het iemand by hulle n vorm van akademiese erkenning gekry nie. Hulle het verlof gekry om in die nag te studeer as die ander slaap. Wat sê mens in jou toespraak aan hierdie skare? Carpe Diem! (pluk die dag) Fortuna Fortes Adiuvat (fortune favours the brave = wie nie waag nie sal nie wen nie) Hulle hang aan jou lippe-wil weet of daar weer so n geleentheid sal wees.
Ons moet gaan. Hoe se ons dankie ? Ek stap na die koorleier en vra of ek in 5 minute vir hulle ‘n lied kan leer? Gretig sing die koor agterna DONA NOBIS PACEM = Gee ons vrede. Na nog 5 minute draai ek om en eers huiwerig toe harder en harder begin hulle DONA NOBIS PACEM totdat dit deur die tronk weergalm...Ons vee trane af en groet.



